Hoe word ‘n stukkie van ‘n ouer se lewer in hul kleuter oorgeplant?


’n Leweroorplanting is tegnies ’n baie moeilike operasie, en om ’n stukkie van ’n lewende skenker se lewer oor te plant, is nog moeiliker. En dit onder tyddruk, want die lewer kan nie lank sonder bloedvoorsiening wees nie. Voorts word die hart onder baie druk geplaas want die terugvoer van bloed na die hart word tydelik afgesluit.

Nie net moet die chirurg baie bedrewe wees nie, maar die narkotiseur moet uiters vaardig wees.

Een van Suid-Afrika se vaardige oorplantingchirurge, Dr Francisca van der Schyff van die Wits Donald Gordon hospitaal, vertel in deel 2 hoe ’n volle lewer en ’n stukkie van ’n lewer oorgeplant word.

Deel 1:
Sowat 50 babas en kleuters wag tans op ’n leweroorplanting.

Die meeste is gebore met ’n siekte wat die lewergalwëe beskadig. Ander is te veel parasetamol toegedien, en ander het ’n diaree-virus opgedoen wat lewerskade aangerig het.

Dr Francisca van der Schyff

Dr Francisca van der Schyff, oorplantingchirurg van die Wits Donald Gordon hospitaal vertel meer.