Só kan klein ondernemings ‘n CFO bekostig


Vir baie klein ondernemings met beperkte begrotings kan die aanstelling van ‘n finansiële hoof ‘n onbereikbare droom wees.

Louw Barnardt het hierdie tekortkoming raakgesien, en Outsourced CFO op die been gebring. Die maatskappy bied geoktrooieerde rekenmeesters en finansiële kenners aan ondernemings as konsultante vir ‘n spesifieke hoeveelheid ure per week.