Só moet myngroepe (jou) grond rehabiliteer


As ‘n myngroep op jou plaas myn, is die kans skraal dat die bo-grond goed gerehabiliteer gaan word.

Die staat is die custos oftewel bewaarhebber – nie die eienaar – van alle minerale in Suid-Afrika.

As die staat nalatig omgaan

– sodat rehabilitasie nie plaasvind nie,
– as myne onafgehandel gelaat word,
– as die myn voedselveiligheid benadeel,
– waterbronne besoedel word

versaak die staat sy reg as bewaarhebber en is ‘n klas-aksie deur die gemeenskappe ‘n sterk moontlikheid, het aan die lig gekom in Regsake.

Prospekteerders het met ‘n wettige mynlisensie, wat na talle ondersoeke oor hoe dit die natuur en gemeenskap sal beïnvloed, toetredingsreg tot jou plaas, maar moet prospekteer op wyses wat nie grond-eienaar benadeel nie.

‘n Oopgroefmyn kan baie onaansienlik wees.

Wat is myne se verpligting tot rehabilitasie van die grond waarop gemyn word? Wat van die besoedeling deur myn-afvalwater en ander afvalstowwe? Want baie min myne rehabiliteer die oppervlak behoorlik.

Graeme Polson, ‘n kenner van mineraleregte, gesels met Ian Wessels en Igna Klynsmith oor verskeie aspekte van sy vakgebied.

Suur afvalwater uit ‘n myn kan die riviere en watersisteme besoedel en onbruikbaar vir mens en natuur maak.