Só vorder organiese onkruidbestryding


Ons kyk na organiese onkruidbestryding, veral in die Wes-Kaap.

Tienie du Plessis boer met Dohne-merinos naby Steynsburg in die Oos-Kaap. Hy het ook sy eie skeerdienste-onderneming. Du Plessis is besig om hard voor te berei om ‘n Suid-Afrikaanse rekord op te stel vir die hoeveelheid skape geskeer in 24 uur. Tesame hiermee hoop hy om geld in te samel vir borskankernavorsing. Ons gesels ook oor loopbaangeleenthede vir jongmense in dié verband.

Catherine Milward-Bridges is redakteur van die SA Vrugte Joernaal. Sy sluit by ons aan om te gesels oor die publikasie se mondigwording.