Luister weer: Soapvox – die storie van die sepiekoning Henry Mylne


Henry Mylne

Luister Donderdagaand net na die agtuur nuus na Soapvox, die storie van sepiekoning Henry Mylne.

Die dokumentêr is saamgestel deur Sue Pyler-Slabbert.

Woon ‘n rondetafelgesprek by met akteurs soos Gavin van den Berg, Karin Retief, Hugo Taljaard, Vinette Ebrahim, Christo Davids, Denver Vraagom en Kaz McFadden. Jy het hulle leer ken in Ballade vir ‘n Enkeling, Egoli en 7de Laan.

Almal is deur die jare gelei deur die talentvolle regisseur, Henry Mylne.

Daarbenewens is daar verskeie verhoogproduksies soos Vaselinetjie wat vir jare by feeste op die planke was, Beauty Queen, Huis Toe, Die Baba met die Badwater, Die Vrou uit die See en soveel meer. Ons kry agter-die-skerms vertellings en staaltjies, en daar is ‘n meestersklas wat aangebied word. Dis die reünie van die jaar!

 

SoapVox = SoapBox. As iemand ‘n nuwe of ongewone idee gehad het, en dit met die skare wou deel, sou die persoon op ‘n leë seepkis klim sodat almal hom kon sien en hoor.

Hierdie keer is dit vriende wat op hul seepkissies staan en Henry se lof besing of staaltjies deel van jare se werk wat saam gedoen is. Henry klim op sy beurt self op die seepkis in hierdie dokumentêr en deel ‘n paar lewenslesse en verhale.

Ons kyk na die volgende aspekte:

– Hoe werk ‘n regisseur se kop?

– Watter stappe moet ‘n regisseur weergee vir ‘n speler om sy visie te verstaan?

– Hoe voel die spelers om met ‘n regisseur te werk wat beskou word as ‘n akteurs-regisseur?

Agtergrond-inligting
Gavin van den Berg en Karin Retief het in Ballade vir ‘n Enkeling harte gewen en soms gebreek. In Egoli het Brümhilda van Rensburg kykers kwaad gemaak. Vinette Ebrahim en Christo Davids het gewys wat dit is om iemand onvoorwaardelik lief te hê in 7de Laan. Denver Vraagom het onder andere geleer hoe om ‘n verhoog vertolking anders te benader en Hugo Taljaard se verhoogverwerkings het ‘n blywende indruk gelaat.

Almal is deur die jare gelei deur die talentvolle regisseur, Henry Mylne.

Met meer as 40 jaar se ervaring as regisseur en by tye speler is daar verhoogwerke en veral TV programme wat ons altyd sal bybly en ‘n integrale deel van ons Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf is.

Egoli was die eerste sepie in Suid-Afrika wat op die oopkanaal uitgesaai is, vervaardig deur Franz Marx, ‘n mentor en goeie vriend van Henry. Daarna skuif Henry oor na 7de Laan as hoof-regisseur. Tussendeur is daar verskeie verhoogproduksies soos Vaselinetjie wat vir jare by feeste op die planke was, Beauty Queen, Huis Toe, Die Baba met die Badwater, Die Vrou uit die See en soveel meer.

Henry Mylne

(Soapie = ‘n dramareeks wat gewoonlik oor huishoudelike temas handel en gekenmerk word deur sentimentalitiet.

Vox = Latynse woord vir stem

SoapVox = Stemme wat gegee word aan dramas/stories wat vertolk word)