Sonskerm beskadig koraal


Sekere bestanddele in sonskerms beskadig koraalriwwe in die see.

Palau word die eerste land wat sonskerm verbied. Hierdie drastiese stap word geneem om hul kwesbare koraal te beskerm. Die regering het ‘n nuwe wet onderteken wat die verkoop van sonskerm en skoonheidprodukte wat ‘n lys van 10 chemiese middels bevat, verbied.

Navorsers is oortuig dat hierdie chemiese middels uiters giftig is vir seelewe en dat dit koraal laat verbleik. Veral twee bestandele van sonskerm wat ultraviolet strale absorbeer, is erg kommerwekkend. Nie net maak dit dat koraal verbleik nie, dit vertraag ook die groei van jong koraal. Die koraal verbleik teen laer temperature wat hul minder bestand maak teen klimaatsverandering. Tussen 6000 en 14 000 ton sonskerm spoel jaarliks van mense af in gebiede met koraal.

Ander gebiede wat reeds sonskerm verbied is Hawaii, die Karibbiese eiland Bonaire asook Meksiko se natuurreservate. Palau se verbod tree in 2020 in werking. Boetes van 1000 dollar sal opgelê word aan handelaars wat die verbod verontagsaam.Daar is wel sonskerm beskikbaar wat nie die verbode chemiese middels bevat nie, en word na verwys as ‘Hawaii compliant sunscreen’.

Die twee sondebokke is oksi-bensoon en oksi-noktaat, wat die UV strale blok.
Daar is alternatiewe.
Sink-oksied beskadig nie die koraalriwwe.

Marinebioloog en koraalspesialis Krish Lewis vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die bedreiging wat sekere sonbeskermers vir koraalriwwe inhou.

Prof. Michael C. Herbst van CANSA vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van sekere middels in sonskerms en kosmetiese produkte wat skadelik is vir die natuur. Hy vertel van stappe wat gedoen is om dit te beperk, en verduidelik hoe sonskerm gebruik behoort te word.

Hierdie foto’s wys hoe sonskerm koraal beskadig

Die koraalrif by Two Oceans Aquarium

Fotos van ‘n gesonde Fungia sp. Koral

Fotos van ‘n gesonde Fungia sp. Koral

Verbleikte Fungia sp. Koraal exo-skelet

Koraal wat versmoor word deur alga.

Fotos van koraal wat verbleik het. Die korale word dan versmoor deur alge en kan dan nie herstel nie

Fotos van koraal wat verbleik het. Die korale word dan versmoor deur alge en kan dan nie herstel nie

Fotos van koraal wat verbleik het. Die korale word dan versmoor deur alge en kan dan nie herstel nie

Koraal wat verbleik het. Die korale word dan versmoor deur alge en kan dan nie herstel nie

Fotos van korale wat herstel van verbleiking.

Fotos van korale wat herstel van verbleiking.

Fotos van korale wat herstel van verbleiking.