Spitstyd-gas elke laaste Vrydag van ‘n maand


Elke laaste Vrydag van die maand lê ‘n RSG-luisteraar ‘n besoek af in die Spitstyd ateljee. Die luisteraar geniet die middag met die Spitstyd-span, hulle leer hoe die mengbank werk, lees nuushooftrekke en neem deel aan gesprekke en geselsies om jou vinniger by die huis te kry daardie Vrydag.

Willem:  “Ek weet soms nie wie is meer opgewonde nie – ek of die Spitstyd-gas! Dis dalk omdat ek al van vroegs af so lief is vir radio, dat ek so ‘n geleentheid met altwee hande en een voet sou aangryp.”

 

Charl Rink