Stemme van hoop is nou Sondagaande op RSG


Stemme van Hoop is ’n splinternuwe Sondaggespreksreeks wat vanaf 1 Oktober om 19:00 vir die volgende 14 weke uitgesaai word.

Dr Braam Hanekom

In dié reeks bespreek die aanbieder Lizelle de Bruin en haar medegespreksleier dr. Braam Hanekom waar geloof ’n rol speel en om Bybelse antwoord te kry op die uitdagings van ons tyd. Dit het ten doel om luisteraars berusting te gee maar ook aanmoedig om probleme daadwerklik te pak.

Ons leef in ‘n samelewing wat uitmekaar val waar korrupsie en oneerlikheid hoogty vier. Ons het waarlik hoop nodig.

Luisteraars vra dikwels: “wat kan ek doen om my omgewing te bemagtig?” Daar is talle voorbeelde van gemeentes in Suid-Afrika wat opknappingsprojekte in hulle gemeenskappe begin om juis die gemeenskap op te hef.  In die reeks gaan Anthea Fredericks met dié mense op grondvlak gesels wat hande vuil maak om Suid-Afrika ’n beter plek te maak. Hulle is waarlik die stemme van hoop.