Te veel parasetamol kan jou lewer laat versaak


Almal van ons het al van geelsug gehoor. Dit is een van die simptome van hepatitis, oftewel lewer-inflammasie of lewer-ontsteking. Het jy geweet daar is verskillende soorte hepatitis, en dat sommige soorte chronies is? Of dat groot doserings van ‘n pynstiller soos Panado lewerskade kan veroorsaak? Marí Hudson praat met ’n gastro-enteroloog oor die oorsake en behandeling van hepatitis.