Tieners se risikogedrag laat hulle hul lewensbelangrike medikasie staak


Een van die groot probleme van kinders wat orgaanoorplantings ondergaan het, is risikogedrag van tieners wat hulle noodsaaklike daaglikse medikasie staak, met tragiese gevolge.

Mense se frontale breinlobbe is eers teen 25 goed genoeg ontwikkel om sulke verantwoordelike besluite te neem. Hoe gemaak?

Mari Hudson praat met Prof Mignon McCulloch, hoof van die Nier- en orgaanoorplantingseenheid by Rooikruis Kinderhospitaal, oor dié probleem.