Tim Noakes gesels oor Banting


Waarom sê prof. Tim Noakes dat mense wat insulienweerstandig is en tipe 2 diabetes het, eerder vette as koolhidrate moet eet? Op watter wetenskaplike bewyse grond hy sy nuwe denkrigting oor gesonde eetgewoontes? Hoe verduidelik hy sy stelling dat verhoogde bloed-cholesterolvlakke nie die belangrikste faktor in bloedvatskade en hartaanvalle is nie?

 

Het jy geweet dat prof. Tim Noakes eintlik baie min per dag eet? En nie oorboord gaan met vette nie? Wat maak mens met die nuwe dieet-inligting? Luister in die slotaflewering in ‘n reeks van twee, hoe hy in sy eie woorde verduidelik wat hy eet en hoe dit werk.