Toe val die Chinese vuurpyl terug aarde toe


‘n Chinese Long March vuurpyl het ‘n paar dae gelede onbeheerd na die aarde teruggeval. Die span praat oor die implikasies van so ‘n gebeurtenis.

(Lees meer oor die reeks Long March vuurpyle: https://en.wikipedia.org/wiki/Long_March_(rocket_family)

Lees meer oor die val na die aarde: https://www.cnbc.com/2020/05/16/chinese-rocket-falls-to-earth-space-debris-problem-worsens.html)

Die vuurpyl tydens lansering.

Daar word ook gesels oor die gevolge wat die coronavirus vir die ruimtebedryf het, en watter voorsorg die SAAO tref om te sorg dat die teleskope op Sutherland sonder haakplekke funksioneer.

Dr. Japie van Zyl gee ook ‘n opdatering van sy span se poging om ‘n vinnige, doeltreffende virusopspoor-apparaat te ontwikkel.