Turksvye is nuttige voerbron vir vee


RSG Landbou: Maandag 7 Mei 2018

Die turksvy is onlangs nog as ‘n soort aspoestertjie-plant beskou, maar deesdae kyk dierevoedingkundiges met ander oë na dié wondergewas. Prof. HO de Waal van die Universiteit van die Vrystaat vertel hoe turksvyplante as aanvullende voerbron vir vee kan dien.

Daar is ook ‘n gesprek met Daleen Potgieter, president van die Sussex Beestelersgenootskap, oor die pas afgelope nasionale kampioenskap. En Johan van Ehlers van Agri-Expo gee ‘n terugblik op ‘n suksesvolle SA Kaasfees, wat by Sandringham naby Stellenbosch plaasgevind het.