3 Fusies, 6 skroewe, 3 spasieerders met rugoperasie van voor en nuwe manier van agter: pasiënt stap binne ure sonder pyn


Dr Reggie King (sittend) wat die rugoperasie van die voorkant doen, en dr Shawn Venter wat die tweede deel van die operasie van die rugkant doen deur ‘n spesifieke nuwe soort sleutelgattegniek.

Twee Suid-Afrikaanse ortopede het met die implementering van ‘n nuwe sleutelgat-tegniek as deel van rugoperasies wat van die voorkant en agterkant in dieselfde operasie gedoen word, ‘n nuwe wending aan dié soort rugoperasies gegee.

Die rooi pyle dui die skroewe aan om die fusies tussen werwels te verseker. Dis deur biportale sleutelgatchirurgie van die rugkant gedoen nadat die spasieerders (geel pyle dui die skruwe aan wat die spasieerders in plek hou) van die voorkant ingesit is om die rugdeformiteit te herstel.

Dansky dié stap kon ‘n pasiënt selfs ná ‘n komplekse rugoperasie waar ‘n deformiteit herstel word en die rug weer regop gemaak word, ‘n fusie op twee of meer vlakke gedoen word en talle penne in die rug geplaas word, binne ure ná die voor-agter-operasie op die been wees en begin stap sonder pyn. Die pasiënte herstel vinniger en beter en met drasties minder pyn.

Die twee ortopede is dr Reggie King en dr Shawn Venter van die Spine Center in die Paarl. Die operasies word in die Paarl Mediclinic en die Kuilsrivier Netcare hospitale gedoen.

Dr Venter gaan in Maart in Frankryk dié nuwe aanslag op uitnodiging van Franse ortopede aan dié en ander genooide ortopede voordra.

Luister hieronder na deel 2 (vanaf die 16de minuut) van Gesondheid op RSG, na die eerste episode:

Die prosedure en voordele word verder in episode 2 op 14 Februarie bespreek:

Luister ook

Dr Venter verduidelik hier in besonderhede hoe die nuwe sleutelgat-tegniek gedoen word. Die tegniek behels biportale endoskopie, waar ‘n instrument met ‘n kamera aan die voorpunt, asook ‘n instrument om die veld skoon te maak en by die defektiewe tussenwerwel-skyfie en die vernoude senuwee-kanaal uit te kom en die senuwee te bevry van die drukking. ‘n Fusie op een of meer vlakke en die inplant van penne en skroewe kan nou ook deur dié spesifieke sleutelgattegniek gedoen word.

‘n Rug-fusie deur twee klein snytjies in SA gedoen; pasiënte binne ure huis toe