Uriensuurkristalle in jig-gewrigte; Polimialgie


Jig is nie grappies nie. Die uriensuurkristalle se skerp punte kan erge pyn in jou gewrigte veroorsaak.
Stuur jou vrae oor artritis tipe siektes aan gesond@rsg.co.za.

Uriensuurkristalle in jig-gewrigte

Deel5: Gesondheid 25 Junie 2025: Jig deel 2 en Polimialgie deel 1

Hoe word chroniese jig behandel? En wat is Polimialgie Reumatica, wat erge spierpyne veroorsaak (erger as die spierpyne met griep), en selfs skade aan ‘n slagaar in jou slape kan aanrig?

Deel4: Gesondheid 18 Junie 2025: Jig

Jig is een van die mees algemene soort artritissiekte wat ‘n mens kan tref. Sommige bloeddrukmiddels kan die risiko vir uriensuurkristalle in die gewrigte verhoog, en alkohol, vleiskosse en fruktosevrugtedranke ook.

Deel3: Gesondheid 30 April 2025: Spondilo-artritis, Lupus en psoriatriese artritis

Hoe diagnoseer reumatoloë spondolo-artritis, lupus en psoriatiese artritis? Kan die agteruitgang en skade wat met dié reumatologiese siektes gepaard gaan, gekeer word?

Lees meer en kyk na sketse: https://www.rsgplus.org/wat-jy-moet-weet-van-reumatoiede-artritis/

Deel2: Gesondheid 16 April 2025: Reumatoïede artritis

Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumatoïede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasiënte in rolstoele is. Wat is reumatoïede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word?

DEEL 1: Gesondheid 26 Maart 2025: Fibromialgie en oorsig

Fibromialgie kán behandel word. ‘n Reumatoloog verduidelik hoe, en gee ook ‘n oorsig oor die verskillende reumatologiese siektes, soos reumatoïede artritis, lupus en nog meer.