Luister weer: ’30 Jaar van Demokrasie: Boesak: Kerkman en aktivis’


Dr Allan Boesak (regs) en Jody

Dr Allan Boesak het ‘n aktiewe rol in die stryd teen apartheid gespeel. As beide kerkman en aktivis.

Hy het in 1976 sy doktorsgraad in Nederland verwerf en kort daarna na Suid-Afrika teruggekeer en as predikant begin werk.

In die 1980’s word hy die stem vir die oproep na ‘n vrye Suid-Afrika en stig die UDF in 1983 in Mitchells Plain. Dié organisasie het verskeie mense bymekaar gebring om saam teen apartheid te veg.

Hy het ook in 1986 die Belhar belydenis aan die wêreld bekend gemaak.

In die dokumenter Boesak: Kerkman en aktivis praat dr Allan Boesak met Jody Hendricks oor sy liefde vir die kerk maar ook die tye wat hy met die kerk gebots het oor hul ondersteuning van apartheids beleid.

Hy vertel ook oor die nodigheid om die UDF te stig, sy verhouding met Nelson Mandela en wat sy hoop vir die nuwe Suid-Afrika na die 1994 verkiesing.

Boesak praat ook oor die hofsaak waarin hy skuldig bevind was en sy hoop vir die land se mense in die toekoms.

Die dokumenter 30 Jaar van Demokrasie: Boesak: Kerkman en aktivis word Donderdag 28 Maart om 20:00 op RSG uitgesaai.