Luister weer: Die fyn kuns van dokumentêre


Vanaand se dokumentêr, “Van Hoorbeeld tot Potgooi”, is die tweede deel waarin Johan van Lill vir ons meer oor die kuns van die maak van ‘n radio dokumentêr vertel. Ons deel twee fokus hy op die fyn kuns wat dit verg om mense se stories te vertel – nie net bekende mense s’n nie, maar ook mense wat uitdagings in die lewe moes oorkom.

Luister hier na Deel 1:

Johan van Lill vertel meer oor die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Oor die jare het RSG bekend geword vir die gehalte van sy tweejaarlikse dokumentêre seisoene. Johan het in die argiewe gaan kyk, en fokus op tegnieke wat dokkiemakers gebruik om jou vasgenael voor die radio te hou.