Luister weer na hoe jukskei oor die afgelope byna 300 jr ontwikkel het


Vir 290 jaar in die Sandput – Marize de Klerk kuier op die jukskeibaan. 

Marize de Klerk & Heklaas Taljaard (Tallies) met die sy boek oor jukskei se geskiedenis: Jukskei – Die vonkelsport. Hy het dit  13 jaar lank  nagevors en daaraan geskryf November 2023, Pretoria.

Kom kuier vanaand net ná agtuur saam in die sandput en ontdek by monde van toeka se legendes uit die argiewe en vandag se staatmakers en spelers hoe jukskei oor sowat 300 jaar van ‘n uitspanplekspeletjie in ‘n sportkode verander het wat professioneel en wetenskaplik bestuur word, internasionaal erken word as ‘n nie-Olimpiese presisiegooisportkode, en tot ‘n moderne tydverdryf ontwikkel het en geniet word.

 

Agtergrond-inligting

2024 is die 290ste verjaarsdagmylpaal sedert die dragonders in die destydse Kaapkolonie, na oorlewering, vir die eerste keer ‘n pen in die sand geplant het en as ‘n tydverdryf by uitspanplekke met ossewa-jukskeie daarna gegooi het.

 Min kon dié soldate weet dat na byna 3 eeue, oud en jonk in verskeie lande, steeds met skeie na ‘n pen in ‘n sandput sou gooi – nie net vir pret nie, maar ook in  kompeterende internasionale sportwedstryde.

Lindi Schoonwinkel – Rolstoelspeler van Naboomjukskeiklub (Mookgopong (Naboomspruit) Limpopo

Al roep jukskei deesdae dalk steeds beelde op van die Voortrekkers wat met hul ossewaens deur die bosse na die noorde voortstu, is hierdie stukkie Suid-Afrikaanse sporterfenis se realiteit en geskiedenis aansienlik meer kleurryk.

Jukskei is deesdae die enigste inheemse Suid-Afrikaanse sportsoort wat via die Internasionale Olimpiese Komitee by Tafisa, The Association for International Sport for All, en die Suid-Afrikaanse Olimpiese Komitee,  geaffilieer.

Marize de Klerk (agter heel links) maak klankopnames by die Voortrekkermonument se nuwe jukskeibane. By haar kloksgewys van links na regs, is André Ross, Voortrekkermonumentjukskei-adviseur (in blou) Hennie Boshoff , Jukskeispeler en -afrigter (streephemp) en Karla Aggenbach, vyfmalige Junior Suid-Afrikaanse jukskeikampioen. Foto: Simoné Cloete

Volgens navorsing is jukskei vanuit ‘n tegniese oogpunt, een van die moeilikste sportsoorte ter wêreld.

Die oudste jukskeiklub is in Limpopo en is ouer as Jukskei Suid-Afrika se 84 jaar. Selfs die immergroen Afrikaanse musiekjuweel en -treffer, Die Oukraalliedjie, is gebore uit jukskeigeledere!

Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo

Jukskeideelname in die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap het hupstoot gekry sedert die spel se insluiting in die Suid-Afrikaanse regering se Inheemse Spele-inisiatief. Die Suid-Afrikaanse diaspora, die internet en sosiale media spoor nie net belangstelling en deelname onder die jeug aan nie, maar ook in lande soos Uganda, Benin, Spanje, Indië en die VSA.

 

Jukskeitelbord, Negester Klein-Kariba. Naby Bela-Bela (Warmbad) , Limpopo.

Nadia Strydom van Belabosjukskeiklub verduidelik hoe ‘n jukskeitelbord werk. Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo:

 

Die Oog- vs Belabosjukskeiklubs. Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo.

Namibië Dogters o/19 jukskeispan sien hael vir die eerste keer tydens die 2023 Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe. Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat.

Spel uitgehael. 2023 Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat.

 

Hael 2023 Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat.

 

Lands- en jukskeiprovinsie vlae. 2023 Suid-Afrikaanse Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat.

 

Hitte van die stryd – Noord-Gauteng o/16 dogters en Wesrand Rooikatte o/16 Seuns.

 

SA Junior Jukskeikampioenskappe in volle swang. Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

SA vs SA A o/19 seuns Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

SA vs SA A o/19 seuns Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

Bongani Koatla, voorgooier SA A o/19 seuns Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

Spelers tydens prysuitdeling. 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

SA vs SA A o/19 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

Bongani Koatla, voorgooier SA A o/19 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023.

 

Tinus Barnard, President van die Internasionale Jukskei Federasie met van sy baie medaljes en ‘n hoefystergooihoefyster November 2023, Pretoria.

 

Hoefystergooi-apparaat wat Tinus Barnard, President van Internasionale Jukskei Federasie geskenk gekry het, as ook van sy baie jukskeimedaljes November 2023, Pretoria.

 

Marize de Klerk en Simoné Cloete, Waarnemende Toerismebestuurder van die Voortrekkermonument November 2023, Pretoria.

Video: SA vs SA A o/19 dogters, 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

Fanie Heyneke, voorsitter van Die Oog Jukskeiklub tydens die Negester Klein-Kariba Markdagjukskeitoernooi op 2 Desember naby Bela-Bela (Warmbad) Limpopo:

Fanie Heyneke, voorsitter van Die Oog Jukskeiklub demonstreer die jukskeikierie, Die Oog Aftreelandgoed, naby Mookgopong (Naboomspruit) Limpopo. Met “agtergrondmusiek” soos net sonbesies kan maak op ‘n bloedige warm Bosvelddag in Desember:

 

Vet pret en groot gees langs die jukskeibaan. Mpumalanga o/16 meisies. 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

 

SA, SA A en SA Akademiespanne sing volkslied voor die aanvang van vertoonwedstryde. 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:


SA vs SA A o/19 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023

 

Mihle Phinzi, SA A o/19 seuns 2023 SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

 

Ashaki Rasi SA A o/19 2023 meisies SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

 

Johané Grobler SA o/19 2023 meisies SA Junior Jukskeikampioenskappe, Jukskeipark, Kroonstad, Vrystaat, Desember 2023:

 

Jukskei in Uganda. Video: Internasionale Jukskei Federasie:

 

Herklaas Taljaard, jukskeihistorikus verduidelik aan Marize de Klerk hoe dit gekom het dat jukskei in die VSA gespeel word:

 

Alle foto’s en video’s deur Marize de Klerk behalwe waar anders aangedui

Meer inligting
Hoe speel ‘n mens jukskei?

2024 se 1e Dokumentêre seisoen begin op 4 Januarie