Voornemende skrywers vind radiodrama slypskool waardevol


Op 15 Julie het talle skrywers aangemeld vir die radiodrama slypskool wat deel vorm van die 27ste RSG Radiodramaskryfkompetisie.

Gerrie Lemmer van die ATKV

Die uitvoerende hoof van die ATKV, Gerrie Lemmer, het die geleentheid afgeskop, waarna RSG se programbestuurder en radiodrama foendi, Kobus Burger, die slypskool aangebied het.

Lee Doubell

Die skrywers is ook verras deur ‘n besoek van die voormalige wenner, Lee Doubell.

Tydens die interaktiewe geleentheid het skrywers vrae gevra, geskryf en passievol hul opinies gedeel oor radiodramas.

Kobus Burger

Laat die skrywers self hul terugvoer met jou deel:

“Ek is so bly dat ek my twee jaar van dreig om die slypskool by te woon (meer bang wees vir die onbekende) oorkom het. Ek het so baie geleer uit die sessie. Dankie vir julle leiding en voorbeelde van hoe om alles te doen. Sonder julle sal dit nie kan gebeur.” – Anna Marie Bredenkamp

“Baie dankie vir die puik aanbieding. Dit was werklik baie leersaam. Dit gaan vir my ‘n eerste probeerslag wees, maar ek voel beslis nou beter daarop voorberei. Dankie ook aan die ATKV vir die borgskap.” – Sybrand Brink

“Uit die diepte van my hart wil ek jul bedank vir die insig ontvang tydens die radiodrama-slypskool wat deur ‘n vol hart kan lewe kry. Ek is seker ek spreek van elkeen se hart wat dit bygewoon het.” – Hanri Griesel

“Baie-baie dankie hiervoor. Ek kan myself skop dat ek nie vyf jaar terug al by die slypskool ingeskakel het nie. Die lesse is waardevol.” – Joa Bekker