Voorspel die son se huidige klomp sonvlekke groter skade aan die aarde?


Die son is deesdae vol sonvlekke. Wat beteken dit? Stefan Lotz van SANSA gee ‘n oorsig oor die aktiwiteit van die son.

Daar is ook inligting oor diegene wat glo dat die aarde plat is. Die Flat Earth Society bestaan steeds, en Willie Koorts praat oor ‘n paar argumente wat jy kan gebruik wanneer jy so ‘n persoon ontmoet.

Hoeveel sterre is daar in die heelal? Dis ‘n vraag wat ‘n luisteraar aan die span gestel het. Matie Hoffman gee ‘n uiteensetting van hoe mens dit moontlik sou kon bereken.