Warmste Europese winter in 30 jr


Wetenskaplikes sê die afgelope winter in Europa was die warmste nóg. Volgens satellietdata was die warmste temperatuur bykans 1,4 grade Celsius hoër as die vorige rekord. Die warmer winterweer het tot gevolg gehad dat lande soos Swede en Rusland sneeu moes invoer vir wintersportgeleenthede. In Duitsland het die hele oes van yswyn – wat in die winter geoes word – volkome misluk. Die wintertemperatuur was 3,3 grade Celsius hoër as die gemiddelde temperatuur die afgelope drie dekades.