Wat het Pollard en Claude die sjimp in gemeen?

Soos ‘n seuntjie met ‘n geliefde speelding, slaap Handré Pollard met die Wêreldbeker in sy arms op die terugvlug. Hier slaap hy met sy gebreekte wangbeen.
Wat het Handré Pollard en Claude die sjimpansee in gemeen?
Dis kaak-, gesig- en mondchirurgie, onderskeidelik vir ’n gebreekte wangbeen en vir ’n beseerde kakebeen.
Marí Hudson gesels met ’n kaak-, gesig- en mondchirurg oor dié dissipline en vordering wat gemaak is in die skep van nuwe kakebene en ander vooruitgang in dié veld.
Dit is nou buiten die herstel van gesplete lip en verhemeltes, die inbou van tand-inplantate en die uitsny van verstandtande.
Dr Frits Hoogendijk vertel ook meer oor fibromialgie en hoe hy gehelp het om Claude se kakebeen te herstel.
Daar is ook ‘n kort insetsel oor inspuitings in die knie.
Luister weer na Gesondheid op RSG: Marí Hudson gesels met Dr Hoogendijk, ’n kaak-, gesig- en mondchirurg, oor dié dissipline, die vordering wat gemaak is in die skep van nuwe kakebene, en ander vooruitgang in dié veld.
Handré Pollard se gebreekte wangbeen en oogkas
Handré Pollard herstel goed na sy chirurgie en het in Kaapstad weer by die Bokke aangesluit en hul triomf-parade meegemaak.
As die wangbeen breek, sluit dit dikwels verbrokkeling van die vloer van die oogkas in, wat dan weer (met of sonder ‘n plaat) opgebou word. Die snitte word aan die binnekant van die mond gemaak en in die haarlyn voor die oor.
Lees meer oor herstel van die wangbeen en oogkas.
Claude se kakebeen
Lees meer oor hoe Claude se kakebeen herstel is sodat hy weer kan eet.
Lees hier meer oor hoe Claude as 7-jarige uit ‘n dieretuin in Afrika gered is, nadat hy as 3-jarige gevang is toe sy ma vir ‘bush meat’ gevang en geslag is.