Wat is fout met SA Polisiediens?


Wat is fout met ons polisiediens?

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê daar is sedert 2012 ‘n toename in ernstige geweldsmisdaad in die land. Die Instituut sê die SA Polisiediens is nie in staat om sy mandaat uit te voer nie – in weerwil van 152,000 opgeleide polisiebeamptes. ‘n Senior navorser by die ISS, Johan Burger sê dié leemte is te wyte aan die verlies van deskundige kennis in proaktiewe, intelligensiegedrewe ondersoeke. Hoe lyk die diens se basiese vaardighede en vermoëns, en wat is ons verwagtinge dat hulle misdaad moet bekamp?