Wat jy moet weet van artritis-siektes, al 6 episodes
Artritis-siektes deel 6: Artritis vrae, deel 1
Kan natuurlike middels help teen artritissiektes? Kan ‘n virus ‘n outo-immuunsiekte aanskakel? Is daar ‘n verband tussen artritis en Crohn-siekte? Prof. Helmuth Reuter beantwoord dié en ander luisteraarsvrae oor artritissiektes.
Artritis-siektes deel 5. Polimialgie
Eerstens kyk ons na die kortisoonbehandeling van polimialgie. Tweedens kyk ons na die tipiese eienskappe van ‘n bedrieër of swendelaar, wat ook die eienskappe van ‘n psigopaat, sosiopaat en narsis is.
Atritis-siktes deel 4. Spondilo-artritis, lupus en psoriatiese artritis
Artritis siektes deel 3: Rheumatoïede artrtis
Daar is die afgelope 30 jaar soveel vord
Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumatoïede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasiënte in rolstoele is. Wat is reumatoïede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word?
Gesondheid 26 Maart 2025: Atrtis-siektes: oorsig en Fibromialgie-behandeling
Fibromialgie kán behandel word. ‘n Reumatoloog verduidelik hoe, en gee ook ‘n oorsig oor die verskillende reumatologiese siektes, soos reumatoïede artritis, lupus en nog meer.
Gesondheid 12 Maart 2025: Fibromialgie simptome en diagnose
Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word.