Wat toon die ‘Jakkals en rooikat predasie-navorsingsprojek’?


Jakkalse en rooikatte bly honger. Die Nasionale Wolkwekersvereniging het daarom in 2008 ‘n predasie-navorsingsprojek begin. Sewe-en-twintig plase dwarsoor Suid-Afrika is tans deel van dié projek. Ons hoor by Niël Viljoen van Predasiebestuur Suid-Afrika wat dié navorsing tot dusver opgelewer het.

Riaan Odendaal van Odensim Simmentalers praat oor hulle veiling op 1 Augustus.

Die onafhanklike tegniese analis, Frans de Klerk, waarsku dat boere nou die rand moet dophou, veral boere wat in sagte kommoditeite belê.