Wat weet jy van Orpington-skouhoenders?


Die Orpington-hoender se ontstaan dateer terug na die 1800’s in Brittanje. In Suid-Afrika is dié hoenderspesie ‘n uiters gewilde skouhoender. Ons gesels ons met Manie van Wyk van die Orpington-Klub van Suid-Afrika. Die 13-jarige Mia Schabort vertel wat belangrik is wanneer jy ‘n hoender vir ‘n skou voorberei.

Byeboere van regoor Afrika kan uitsien na ‘n geleentheid in Durban – die Apimondia Africa 2023. Inge Austin van die Suid-Afrikaanse Byebedryfsorganisasie vertel meer.