Watter weerstoestande word dié winter verwag?
Vandag is die eerste Maandag van Mei, en in sekere dele van die land was dit al snerpend koud aan die begin van die winter. In Johannesburg was dit oornag 8 grade Celsius en daar is nog vier maande van koue nagte wat voorlê.
Annette Botha is ‘n metereoloog verbonde aan die onafhanklike digitale weerkanaal, Vox Weather. Sy vertel wat Suid-Afrikaners hierdie winter te wagte kan wees.