Vier Wêreldradiodag 2024 saam met RSG!


Op Dinsdag 13 Februarie word Wêreldradiodag regoor die wêreld gevier.

Navorsers reken dat radio se toeganklikheid en die feit dat dit draagbaar is, dit steeds een van die gewildste media maak. Inderwaarheid het altesame 71% van alle volwassenes in Suid-Afrika het binne ’n tydperk van vier weke na die radio geluister, volgens ’n peiling deur die Broadcast Research Council (BRC) in Suid-Afrika.

RSG se luisteraars kan op 13 Februarie ’n dag vol pitkos verwag:

  • Die omroepers gaan onder andere vertel hoekom hulle radio verkies en geniet.
  • En die ontbytprogram Op en Wakker gaan ’n reeks oor die radiolandskap in Suid-Afrika uitsaai wat ook die verskillende tipe radiostasie sal belig.
  • In Kompas gaan jongmense gesels oor hul voorliefde vir radio.

Ons wil natuurlik ook van jou hoor – ons getroue RSG. Kyk gou hier na hierdie video:

Stuur vir ons jou 10 sekonde-lange video na info@rsg.co.za teen Maandag 5 Februarie. Loer dan na ons Facebook-  en Instagram-platforms op die 13de Februarie om te sien waar jou video ‘n belangrike rol gaan speel.