Zuma se loopbaan: tradisionalis, grondwet-ondermynend, omkoopbaar…


Ons praat oor Jacob Zuma se politike loopbaan voor demokrasie en sy termyn as president.

Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, sê oudpresident Jacob Zuma sal eers vir parool in aanmerking kom nadat hy ‘n kwart van sy vonnis van 15 maande uitgedien het. Hy is tans in die hospitaalvleuel waar hy, soos vereis word, eers vir 14 dae in isolasie sal wees. Intussen sê Die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, Casac, hoewel Zuma homself oorgegee het om sy tronkstraf uit te dien, sal die uitspraak van die Pietermaritzburgse hooggeregshof bepaal of hy agter tralies sal bly totdat sy aansoek vir die herroeping van sy vonnis aanstaande week aangehoor word. Ons praat oor Jacob Zuma se politike loopbaan voor demokrasie en sy termyn as president.