Luister weer: Anargie Sonder Antibiotika – Die Fokofpolisiekar Storie


Die Karre

Kort na die aanvang van die Millenium gee Belville geboorte aan ‘n bende van vyf wat die koers van Afrikaanse musiek vir jong mense sou verander.

Die koms van Fokofpolisiekar het die hele appelkar omgegooi, met mening, en bygedra tot ‘n verandering in die klank van die dag. Tog was hulle koms nie sonder omstredenheid of teenkanting nie.

Ettienne Ludick het die binnekring van die bende betree en eerstehands van die vyf lede van die groep die volle verhaal van Fokofpolisiekar gaan soek vir die dokumentêre program, Anargie sonder Antibiotika.

 

BELANGRIKE AANKONDIGING: DIE DOKUMENTêRE PROGRAM BEVAT TAALGEBRUIK WAT SONDER TWYFEL SENSITIEWE LUISTERAARS SAL ONTSTEL.