1e Drywende stad gaan in Suid-Korea gebou word


Die stygende seevlakke en die bedreiging vir kusdorpe en stede, het tot ‘n nuwe, ambisieuse projek in Suid-Korea gelei. Suid-Korea gaan ‘n drywende stad by Busan, die suid-oostelike punt van die Koreaanse skiereiland laat bou. UN-Habitat en Oceanix gaan die wêreld se eerste drywende stad bou. Die projek kan teen 2025 voltooi wees.

Die drywende stad sal aanvanklik 10000 inwoners akkommodeer en sal deels sy eie voedsel verbou, en sy energie-opwekking en vars water stelsels sal verseker dat geen afvalmateriaal geskep word nie. Die modulêre ontwerp sal ook help dat die drywende stad natuurlike rampe soos tsunamis, vloede en orkane weerstaan.

Die prototipe kan die bloudruk wees van drywende stede van die toekoms.

Lees meer oor die prototipe vir die drywende stede van die toekoms:

https://interestingengineering.com/the-worlds-first-floating-city-prototype-unveiled-in-south-korea

https://unhabitat.org/un-habitat-and-partners-unveil-oceanix-busan-the-worlds-first-prototype-floating-city

Bjarke Ingels Group Is Building a Sustainable Floating City Off the South Korean Coast