Haidee, Harry, Levi en… klein Maddy!


”Hierdie foto is geneem op die heel eerste aand in haar wiegie. Ons verwonder ons aan haar.” – Haidee

Baie dinge het verander in die huishouding van Haidee, Harry en Levi, die gesin se deurmekaar Yorkshire hondjie. Want die  kleine Maddy het op 1 Augustus haar opwagting gemaak. Weliswaar 4 weke te vroeg, maar baie welkom.

Maddy het ondanks haar vroeë koms op 36 weke ‘n goeie 2.4 kg met geboorte geweeg en ”sy is nogal lank soos haar pa – 46 cm, ” vertel Haidee kort na haar keisersnit.

“Ons eerste aand met Maddy tuis was effe rof, maar niks wat ons nie kon hanteer nie. Ek glo dit sal beter raak namate ons mekaar leer ken en sy vaste slaappatrone begin aankweek.

”Eintlik is sy soos pa Harry, sy is meestal rustig en ons hoop maar dit bly so. Hierdie foto is geneem op die heel eerste aand in haar wiegie. Ons verwonder ons aan haar”, vertel Haidee.

Die oumas en oupas, ooms en tannies, nefies en niggies het ook vir Maddy ontmoet, en almal is baie in hulle skik met die kleinding.

Haidee met klein Maddy wat rustig slaap.

Haidee is met kraamverkof tot die einde van die jaar om haar babadogter te versorg. Luisteraars sal vroeg volgende jaar weer haar stem op die radio hoor.

Haidee  het natuurlik ook ‘n geliefde hond, wat nou gewoond sal moet raak aan die nuwe aankomeling. Kyk onder hoe Levi die nuwe baba daglank dophou.

‘n Intieme oomblik tussen Pa en dogter

Kleine Maddy in die hospitaal

Klein Maddy

Pa Harry by sy dogter

So vryf pa Harry klein Maddy se winde uit.

Haidee en Harry kort voor Maddy se geboorte

Haidee  het natuurlik ook ‘n geliefde hond, wat nou gewoond sal moet raak aan die nuwe aankomeling.

Levi ontmoet sy ‘sussie’

Wat is in daai bedjie?

Levi, die gesin se deurmekaar-hondjie, is baie deeglik bewus van die nuwe lewende dingetje in die huis.

Haidee vertel: ”Levi regeer ons huis normaalweg. Maar sedert Maddy haar opwagting gemaak het, is Levi half vreemd. Hy sit en staar na haar in die wiegie.

“En gewoonlik slaap hy op ons bed…maar, sedert ons die wiegie in die kamer het, gaan lê hy in sy eie bedjie. Dis ironies, want ons sukkel al maande lank dat hy in sy eie bedjie lê.”

 

Levi is deeglik bewus van die nuweling in die huishouding, maar baie versigtig en sagkens.

So sit Levi heeldag en hou die bababedjie dop.

…en nou slaap hy skielik self in sy eie mandjie.

Maar Levi is duidelik deel van die huishouding. Pa Harry met Maddy en Levi wat sorg dat hy altyd naby is.

Lees meer

Ontmoet Haidee en haar liefdes

Hier is Brabbeltyd-raad vir hoe sy haar ‘Dawg’, Levi, aan klein Maddy gewoond kan maak: klik hier.

Luister weer na Haidee se treffende dokumentêr oor Die schack-bouer en Freedom Farm se mense.