Luister weer na ons profieldokumentêr oor Louis van Niekerk


Louis van Niekerk

LOKSTEM VAN ‘N DIONUSUS deur Ina Strydom

Die akteur Louis van Niekerk is reeds meer as vyf dekades lank aan die werk in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf. Hy vertel van sy gunstelingrolle, mense wat ‘n groot invloed op sy loopban gehad het, en sy hoop vir die toekoms van die teater.

Tot ongeveer die einde van Junie was die veteraanakteur Louis van Niekerk nog daagliks op die stel van die sepie Getroud met rugby. Dit het hom op 87, waarskynlik die oudste werkende Afrikaanse akteur in die land gemaak! Maar Louis se hartstog is die verhoog.  En Shakespeare.

Hy vertel dat hy televisie- en rolprentwerk begin doen het omdat dit ‘n beter, en meer standhoudende inkomste gebied het, maar dat sy eerste liefde altyd die teater gebly het.

Radiowerk is volgens hom die naaste aan verhoogwerk, maar hy betreur die feit dat daar nie meer tyd is vir repetisies voor dramas opgevoer word nie. Hy sê daar gaan baie verlore op dié manier.

Oor ‘n opname van Koning Lear, wat in 2014 as deel van die RSG Kunstefees uitgesaai is, sê hy dat hy toe eers oud genoeg was vir die rol, terwyl hy dit is sy veertigs die eerste keer gespeel het.

Sy kenmerkende stem het daartoe gelei dat hy altyd rolle vertolk het van karakters wat veel ouer as hy self was.

Louis vertel van die mense wat ‘n groot invloed op sy lewe gehad het; die teater as harde “taakmeester”; die skrywers wie se werk hy graag gedoen het; en die dinge waaroor hy spyt is.

Luister na die dokumentêr:

Tydens die opnames van Spookrtrein in RSG se drama-ateljee: Louis van Niekerk en Cindy Swanepoel