Landbou: die invloed van hitte en droogte


Hoe lank sal die hitte wat die somerreënvalgebied tans ondervind, nog voortduur? Johan van den Berg van Santam Landbou het die antwoord. Germa Kieser, bemarkingskategorieleier by Pioneer Suid-Afrika, praat oor die uitwerking van die droogte op gewasproduksie.

Ons vind ook uit waarna ‘n veebeoordelaar kyk wanneer lewende hawe beoordeel word. Die bekende landbouer en interrasbeoordelaar, Llewellyn Angus, verduidelik ook hoe ‘n persoon hierdie kwalifikasie kan verwerf. En twee tieners, Wihandi en Roelien Fuls, vertel waarom hulle besluit het hase moet spring, as ‘n sport aanleer.