Mercurius vandag voor son


As jy die regte toerusting het, sal jy die middag van 11 November kan sien hoe die sonnestelsel se kleinste planeet, Mercurius, voor die son verby skuif. Willie Koorts verduidelik waar en hoe mens moet kyk om die verskynsel mooi te sien. Wat is plasma in die ruimte? Kobus Olckers verduidelik wat dit is, veral na aanleiding van Voyager 2 wat die heliosfeer verlaat het. Ruimtewetenskaplikes het ‘n merkbare verandering in die digtheid van ruimteplasma opgemerk soos wat die satelliet verder weg van die aarde af beweeg.