Luister weer: Adam en Jakes: Gespreksgenote in en oor Afrikaans


Adam Small

Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor, Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word in hierdie dokumentêre program belig.

Die stemme van onder andere digter Antjie Krog, teoloog Allan Boesak en musikant Frazer Barry word gehoor.

Die dokumentêr is saamgestel deur Heinrich Wyngaard.

Luister Donderdagaand 3 Maart om 20:00 na dié dokumentêr op RSG.

Prof Jakes Gerwel