Sonkragstelsels: Kies só reg!


Moeg vir beurtkrag? Oorweeg jy ’n sonkragstelsel? Watter sonpanele moet jy kies? En watter battery? Prof Johan Rens, verbonde aan die departement Elektriese, elektroniese en rekenaar-ingenieurswese aan die NWU,  verduidelik wat die opsies is en hoekom sekere keuses beter as ander is.

Luister na My Mooi Dorp, aangebied deur Mari Hudson.

Die skakel na Afriforum se gids vir sonpanele, batterye en installleerders:
https://afriforum.co.za/mykrag/

As jy toegang het tot Netwerk24, is hierdie ‘n goeie opsomming:
https://www.netwerk24.com/netwerk24/sake/energie/hier-is-jou-volledige-gids-vir-jou-eie-sonkrag-20230203

Deel 2:
Maak doodseker dat jy ’n goeie installeerder vir jou huis of sakeonderneming se sonkragstelsel kies, want dinge kan skeefloop as een van die honderde nuwe ‘installleerders’ wat oornag opgeskiet het, met jou elektrisiteitswisselstrome karring.

 

Luister ook na die gesprek met Kallie Kriel van Afriforum oor hulle nuwe kragplan vir die land:

Afriforum se Kragplan vir die land