‘Omheinde’ fondse, betaalmeesters en identifisering van korruptes om munisipaliteite om te draai


Sakeliga is met verskeie hofsake aan die veg om munisipale verval te probeer omkeer.

Hulle pak Eskom in die hof oor ongereguleerde lasvermindering wat ook betalende kragverbruikers benadeel. Voorts veg hulle vir die instel van betaalmeesters om sekere munisipale fondse te ‘omhein’ en dat die ouditeur-generaal die name van die korrupte en onbevoegde munisipale beamptes bekend moet maak.