AgriSA reageer op ANC se nuwe Landbou-besprekingsdokument


Christo van der Rheede

Die ANC is besig om besprekingsdokumente uit te reik oor verskeie onderwerpe in aanloop tot die party se beleidskonferensie in Julie. Een van die dokumente gaan oor landbou, en volgens Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, is dit ‘n positiewe verandering van wat hy noem die “dubbelsinnige beleid” wat tot onlangs gegeld het.

Ons hoor by AgriSA se uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, of hy saamstem.