Die NGV – wat is duidelik en wat is vaag?


Die NGV – Die doel is om uit te vind wat is duidelik en wat is vaag. Waar kort meer inligting, wat bekommer jou?

Die wetgewing vir die nuwe Nasionale Gesonheidsversekering is onlangs in die Parlement ter tafel gelê. Dit is nou die publiek se kans om kommentaar hierop te lewer. Dit is egter ’n feit dat baie sake wat in die wetgewing uiteengesit word, vaag is. Daar is dus heelwat onduidelikhede.

Marí Hudson gesels met Dr Nicholas Crisp, konsultant in die Minister se kantoor, Bemoeid met samesteling van die kantoor vir NGV en Dr Johan Serfontein Senior Gesondheids konsultant by HealthMan.

Die kwesssies

Dr Serfontein sê die hele wetgewing is vaag. “Hulle is al 10 jaar besig en ons het steeds geen detail nie. OHSC reultate wys elke jaar dat 90% + van die staat se fasiliteite nie gaan kwalifiseer om met ngv te kontrakteer nie. Hoe gaan hulle dit op standaard kry binne 5 jaar as hulle in 10 jaar weinig verbetering kon kry. Daar is nie eers genoeg inspekteurs by OHSC om die 3800 staat fasiliteite te inspekteer nie, nevermind die 30000 tot 70000 pvt fasiliteite wat met ngv moet kontrakteur nie.

Dis die HOE wat kort. Nie die WAT nie. Dis maklik om te sê ons gaan 3800 staatsklinieke op standaard kry. Die vraag is HOE? Die een Socio Economic Impact Asessment van NHI Bill het gewys dat pwc geskat het dit sal R244 Biljoen kos om staats klinieke op standaard te kry vir NGV. Waar is daai geld? En wat laat hulle dink dieselfde staats bestuurders wat al vir 15 jaar klinieke in die grond in ry, gaan hulle skielik binne 5 jaar op standaard kry.

Eenvoudige vraag – Hoekom is daar nie n tydsduur vir betaling van verskaffers in die bill nie. Die mediese fonds wet spesifiseer 30 dae. So fondse kan hulle stelsels opstel om dit so te betaal. Die NHI bill se net “timeously”. Hoe moet NHI stelsels opgestel word as daar nie n definisie is nie.

Compensation Fund is staatsbestuurde fonds wat mediese eise betaal. Hulle kry telkens ongekwalifiseerde oudits en neem 60 werkdae om eise te betaal. Die NGV is 100 keer groter as Comp fund. Hoe gaan dit enigsense beter bestuur word? Dit het redelik diselfde bestuur struktuur. Die Compensation fund is in in dieselfde kategorie 3A as ngv fonds. Ook road accident fund.

Sal  ons net basiese gesondheidsorg en medisyne kry? Die vraag is, wat word van fonds pasiente wat tans op duur medikasie is. Hulle moet die bill, die treasury costing dokument en die regulasies saam uitgee, sodat ons weet wat ons kry. Wat mens wil weet is hoe kan hulle in die Bill se dis affordable en sustainable as hulle nie eers weet wat dit gaan kos nie?
Hoe kry mens noodbehadeling vir n retinale loslating. Dit moet binne 24 uur geopereer word, of jy word blind.

Met watter meganismes gaan spesialiste betaal word vir dieste buite hospitale? Geen aanduiding in wet. Alles word deur regulasie bepaal. En die minister kan na willekeur regulasies skep sonder publieke insette.

SASOP het Gateng regering hof toe gevat om Life Esidimeni pasient kuif te stop. Regering sê toe hulle sal dit nie doen nie. Sasop trek toe saak terug. Regering skuif in elk geval pte en 144 sterf. Geen verantwoording deur enigiemand. Dis wat laas gebeur het toe ons die regering vertrou het in die gesondheidstelsel. En niemand is tronk toe nie.

Die vrae wat aan Dr Crisp gestel word, sluit die volgende in

1. Vraag aan jou – gee asb kort verduideliking van die geraamde tydskedule bv kommentare op wetgewing sluit, wetgewing gepromulgeer, registrasie van pasiente by dokters/ klinieke, akkreditasie v fasiliteite, ekstra belastings gehef ens.
2. Dr Johan Serfontein noem 3 dinge wat hom bekommer en jy antwoord daarop.
3. Dan vra ek eerste bondel vra v luisteraars wat die volgende insluit;
– as ek in die Paarl bly en hier moet registreer by n dokter – kan ek die dokter kies? En wat gebeur as ek in PE siek word?
– presies watter dienste gaan die NHI dek – primere sorg of ook spesialissorg? – Frederika Swart van Pretoria
– as my GP my na n spesialis of hospitaal verwys, het ek enige keuse? – GP van Port Elizabeth
– as ek op my mediese fonds tans duur medisyne gebruik, sal die NHI dit ook dek? –
– as ek n diabeet is, mag my dokter ook van die duurder nuwe middels voorskryf? – H van Zyl van KImberley
– hoe gaan dokters en ander gesondheidspersoneel vergoed word? – GP van Bloemfontein
– mag n dokter by NHI registreer en dan NHI pasiente en private pasiente behandel – GP van Alberton
– as ek n retinale loslating het, sal dit binne 24 behandel kan in die NHI stelsel? – Traumadokter
– sal ek n heupvervanging kan kry binne die stelsel? Hoe lank sal waglys wees? – Caroline van Durban
– as ek nie by die NHI registreer nie (of moet ek) na n dokter en spesialis v my eie keuse gaan, en hulle lewer dienste wat wel deur die NHI gelewer word, sal my mediese fonds dit mag dek?
– hoeveel van die land se staatshospitale en klinieke voldoen op die oomblik aan die standaarde? Hoe gaan dit binne 6 jaar opgegradeer word?
– ons land het n tekort aan verpleegsters, maar geen van die verpleegkolleges is ondanks beloftes, nog heropen nie. Waar gaan ons voldoende geregistreerde verpleegkundiges kry? – Besorgde verpleegkundiges
– ons het ook te min dokters en spesialiste. Hoe gaan julle meer dokters oplei? Gaan meer kliniese assistent poste gevul/geskep word?