Alles oor spatare en diep veneuse trombose


Glo dit as jy wil, maar spatare en diep veneuse trombose word gereeld verkeerd gediagnoseer. Ons kyk vandag na die nuutste behandeling van spatare, waarom mense se enkels opswel en die gevare van diep veneuse trombose.

Mari Hudson gesels met dr Asha Malan, ’n vaskulêre chirurg van Bloemfontein. Sy is hoof van vaskulêre chirurgie aan die Universiteit van die Vrystaat se mediese skool.