Alpacas is slim en braaf


Jong alpaca

Alpacas is slim,brawe en sosiale kudde-diere. Hulle is die kleinste lid van die kameelfamilie en kom van Peru. Hulle wol is gesog, fyn soos sy en warmer as die wol van skape of sybokke. Hulle spoeg as hulle bedreig voel of nie van jou hou nie.

Al meer skaapboere skaf ‘n alpaca of twee aan om saam met sy skaaptrop te wei omdat alpacas jakkalse en ander roofdiere sal verwilder. Hulle storm; hulle hardloop nie weg soos skape nie.

Die alpacas is mak

Eloise Pretorius vind uit wat die verskil is tussen ‘n llama (‘n groter lid van die kameel-familie maar met harde en growwe wol) en ‘n alpaca. Sy het onlangs die grootste plaaslike alpaca-plaas besoek, en meer oor dié oulike diere wyser geword.

Kyk hoe kyk hulle vir my!

Lees meer oor alpacas
https://www.alpacas.co.za/

Coco is ‘n bruin alpaca mannetjie.