As weerlig jou tref, bons die straal eers rond in jou lyf


Het jy geweet dat as ’n weerligstraal jou tref, of jy aan ‘n hoogspanningskabel raak, die straal eers binne-in jou lyf rondbons en skade veroorsaak voordat dit jou lyf verlaat?

In ons gesprek oor ernstige brandwonde kyk ons ook na

  • die klassifikasie van brandwonde,
  • die oorsake van brandwonde
  • hoekom dit so pynlik is,
  • veloorplantings,
  • velkwekings,
  • longskade
  • en besef ons ook dat nie alle pasiënte gered word nie.

Dr Wayne Kleintjes

Mari Hudson gesels met Dr Wayne KLeintjes, hoof van die Tygerberg Hospitaal se spesialis-brandwondeenheid. Hy is verbonde aan die afdeling chirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch se mediese fakulteit, en het etlike jare gelede met velkwekings begin en baanbrekerswerk op hierdie gebiied gedoen.