Beleef RSG se eerste aanlynsepie: Die dag van môre


Van Maandag 7 Junie stel RSG en Foxwood.TV ( www.foxwood.tv) jou bekend aan ‘n splinternuwe sepie/realiteitsformaat in Die Dag van Môre.

In dié interaktiewe sepie vermeng die skrywer Jan Groenewald slim al die probleme waarmee ons as Suid-Afrikaans dikwels te doen kry, in fassinerende verhale van die mense van die ou herehuis in Johannesburg.

Die dag van môre is soveel meer as net ‘n sepie, met gratis nuus wat dit voorafgaan.

Die nuwe aanlynsepie is ‘n nuwe digitale konsep wat van 7 Junie elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 12-uur op www.foxwood.tv uitsaai. Dit bied dus met die visuele kykgenot  ‘n nuwe dimensie aan die diens wat RSG vir sy luisteraars gee.

Skakel in op www.foxwood.tv van vandag, 7 Junie vir meer inligting. Ons sal jou lei na die subskripsiekanaal wat ook gratis dienste gaan verskaf – en in die maande wat kom net meer en meer.

Kyk na ‘n voorsmakie van wat op jou wag:

Jan Groenewald, skrywer, vertel:

Jan Groenewald

Ons weet nie wat die dag van môre bring nie. Ons kan nie ons plannetjies agter mekaar kry om gereed te wees vir wat kom nie. Party mense probeer dit ignoreer. Is dit nie juis die Bybel en al die heilige geskrifte van die Koran tot die Nuwe Testament wat ons aanmaan om ons nie te veel tye kwel oor wat kom nie.

Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. – Matt. 6:34.

Soos ‘n moderne skrywer dit stel:

Om die toekoms te probeer voorspel is soos om in die middel van die nag sonder ligte op ‘n plaaspad te ry terwyl jy agteruit kyk.

Nou, dis een manier van kyk na die toekoms. Ja dis waar natuurlik is dit waar. Konsentreer op die hier en nou. Vir party van ons gaan drome waar word en ander se drome gaan versplinter. Sommiges gaan ‘n lewe in die wêreld bring terwyl ander geliefdes aan die dood gaan afstaan. Aan die meeste groot geberutenisse kan ons nie veel doen nie.

Maar daar is ook ‘n ander aspek wat ons nie moet vergeet nie: en dit is doodeenvoudig wat ons vandag doen dikwels ons toekoms bepaal. Mnese wie se verlede hulle nou in die hede as’t ware kom besoek – en nog boonop ‘n pad vir hulle toekoms help uitstip.

Ons praat so dikwels van die “Sondes van die Vaders”. Maar ons moet ook dikwels met ons eie sondes en besluite saamleef.

So kom ons by die verhale in Die dag van Môre gaan. Boeiende menslike  verhale, sielstories.

Kom ons kyk na party van die verhale wat in die reeks gaan ontvou – sonder om iets van die stories vooraf weg te gee! Die mense se lewens word onwillekeurig gedompel in krisisse wat hulle nie verwag nie. So gepraat van dinge wat jy nie verwag nie – baie van ons ervaar dit as verraad, persoonlike verraad, as ons op iets afkom waarvan ons nie geweet het nie – en wat die mense naaste aan ons baie moeite gedoen het om te verdoesel.

Foxwood Huis

Die verhale in Die Dag van Môre het almal te doen met die ou ou herehuis, en  word uit die verre verlede gaan haal. Ou koeie wat skielik uit die sloot gegrawe word. ‘n Mens moet dikwels versigtig wees wat jy gaan opdiep – jy kom op dinge af wat ‘n groot uitwerking op jou lewe gaan hê, en op die lewens van die mense om jou.

Is dit net negatief? Nee, in Die Dag van Môre glad nie. Kom ons kyk na nog ‘n waarheid – verrrassings oor die verlede is nie altyd onplesierig of selfs traumaties nie. Daar is die belofte van ‘n nuwe lewe, in die woorde van die skrywers ‘n NUWE daeraad. Eienaardige uitdrukking, dink mense dikwels. Maar ‘n lewe wat gewone gang gaan, laat ‘n mens voel of die lewe oud en tam geword het.

In die verhale wat ontvou, kom ALLES waaroor ons nou gefilosofeer het na vore. Mense wat eintlik hulle moet hou by die hede, die hier en nou, mense wat vind dat die lewe vir hulle uitdagings in hou, wat hulle nooit ooit verwag het nie – en verrassings wat die lewe daramaties en wonderlik kan verander.

Subskripsie

Die reeks word op sukskripsiebasis teen R70/maand aangebied, drie episodes per week van 12 minute elk. ‘n Spesiale aanbod is R150 vir die eerste drie maande.

 FORMAAT:

Kort daaglikse episodes van tien tot twaalf minute. Die akteurs neem die verhale op in hulle eie tuistes deur middel van Foxwood se ‘virtuele ateljee’.

Beleef RSG se eerste aanlynsepie: Die dag van môre

Meer oor JAN GROENEWALD

Jan Groenewald skryf menige treffers as vervolgverhale vir RSG.

Monica Breedt het Anna van Geuwelkranz beskou as die eerste vervolgverhaal wat die eweknie was van die destydse Du Plooys van Soetmelksvlei.

Jan Groenewald is die regisseur van Boulevard of Dreams vervaardig vir World Television News (WTN). Hierdie reeks word verfilm in Los Angeles en word in 38 lande verkoop. Hoofrolspelers Carmen Electra en Jamie King. Hierdie reeks is gelaai en kan gesien word op www.foxwood.tv  Dit was die eerste reeks in realiteitstelevisie soos ons dit vandag ken.

Jan is ook regisseur van die Oscar Red Carpet vir MNet vanaf 1991 – 1997.

Met die sukses van Boulevard of Dreams bied Clive Rodel (Commissioning Editor SABC 3 Drama) vir Jan die geleentheid om ’n drama vir SABC te ontwikkel Avenues. In hierdie reeks speel Lois Maxwell (‘Miss Moneypenny’ in die James Bond-rolprente) ook ’n groot rol.

Jan ontvang twee keer ’n toekening van die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy reeks The Heart is Beautiful en Emily Hobhouse.