Beskerm ons groot katte; staak dié kommersiële handel


‘n Leeumannetjie in sy volle glorie. Sylvester word een van die dae 8 jaar oud.

Suid-Afrikaners wil hê ons groot katte moet beter beskerm word.

Volgens ‘n opname wat deur die dierewelsynsorganisasie, Four Paws, gedoen is, sluit dit nie slegs leeus, luiperds en ander inheemse katte in nie, maar ook eksotiese diere soos tiere. Dié katte word deur ‘n legio probleme in die gesig gestaar, wat glo deur kommersiële handel veroorsaak kan word. Ons vind meer uit by Four Paws se woordvoerder, Elize Parker.