Betaal jy ten duurste vir ‘n maermaakfoefie?


Oorgewig mense (en dit is byna die helfte van alle volwassenes in Suid-Afrika) gryp dikwels na kitsoplossings om gewig te verloor. Daar is baie maermaak-planne – dikwels baie duur – wat deur desperate mense aangegryp word. Is dit foefies of werk dit? En as dit help, op grond van watter wetenskaplike beginsels? En hoe moet ’n mens weet wat werk?

Marí Hudson gesels met prof Tess van der Merwe, bekende endokrinoloog en kenner op die gebied van vetsug en die behandeling daarvan, oor verslankings-foefies.