Borskanker-antwoorde: ‘Saline’-inplanting, limf-edeem, wie moet gereelde mammogramme kry?


Dr Ettienne Myburgh

Dr Ettienne Myburgh, chirurg en hoof van die Panorama Sentrum vir Chirurgiese Onkologie, beantwoord luisteraarsvrae oor  ’n ‘saline’ inplanting, ‘n dubbele mastektomie op aanvraag, limfdreinering, en wie die meeste kan baat by mammogramme en die belang van gereelde borsondersoeke deur ‘n dokter.

Hier is die vrae  wat hy beantwoord:

1. Ek was 2003 met borskanker gediagnoseer. Dit was ook in die limf kliere.  Ek het a mastectomy gehad gevolg deur 6 maande se chemo. Ek het ‘n vermoede dat dit nie hormoon verwant was nie. Ek het 4 jaar later rekonstruksie gehad met inplanting wat met saline gevul is gehad. Die tepel wou nie vat aan die vel nie. Kan dit herstel word? Kan die (ek noem dit sommer a tube) waar die vog ingespuit word, verwyder word of moet ek maar net daarmee saam leef? Dankbaar vir die wonderlike 19 jaar kanker vry en uitstekende dokters by Panorama Kliniek. Groete en sterkte aan almal wat dit nou beleef. Daar is uitkoms.

2. Gestel die vrou sal graag ‘n volledige mastektomie wil ondergaan, al is dit nie aangedui nie, sal die Sjirurg dit steeds doen?

3. Ek wil graag weet of dit baie noodsaaklik as ‘n vrou HER2 positive agressiewe borskanker het, ‘n mastektomie gedoen moét word?

4. Oor behandeling van limf-edeem
Ek het 10 jaar gelede n bilaterale mastektomie gehad waar al die limfkliere onder die arm verwyder is net om later by my onkoloog uit te vind dat my gewas 1cm groot was. Wanneer n mens die uitslag van n biopsie en die woord kanker hoor is jy so getraumatiseerd dat jy nie nugter dink nie en vertrou jy op jou chirurg en dat hy/sy die beste raad gee en volg jy dit want jy wil net “skoon” wees.

Ek dra tans n druk kous en kry ook soms limfdreinering by wyse van n ligte massering, maar is dié behandeling nie altyd voldoende om die swelling en pyn te beheer nie. Ek sukkel ook om die stywe kous alleen aan te trek en het altyd my man se hulp nodig.

Ek sal graag die volgende rondom bogenoemde wil uitvind:

  • Wat is die beste behandeling vir limfedeem;
  • Is daar alternatiewe behandeling en produkte vir n geswelde arm en hand, bv. n produk wat makliker is om aan te trek.
  • Ek het ook al gehoor van operasies waar die limfstelsel herstel kan word? Bestaan daar wel so ‘n prosedure?
  • Het jou dieët en oefening enigsins te doen met goeie limfdreinering?
  • Ek sal bly wees om van u te hoor en aan al die luisteraars wat sulke slegte nuus ontvang – asseblief kry n tweede opinie en moenie oorhaastig optree nie.

5. Mediese fondse, en by die name Medihelp, het onlangs hulle beleid gewysig ten opsigte van Mammogramme slegs 1 Mammogram elke 2de jaar word toegestaan; voorheen jaarliks. In die lig van die algemene feit dat vroeë diagnosering van kanker essensieël is vir suksesvolle behandeling; is hierdie nie uiters onverskillig, en ook gladnie in belang van die lede nie.

Luister en lees na die volledige reeks oor borskanker. Die skakels na die eerste 4 episodes is netjies bymekaar gevoeg. Mastektomieë, rekonstruksie, chemoterapie, hormoonbehandeling en bestraling word bespreek. ‘n Pasiënt deel ook haar reis met borskanker en luisteraarsvrae word beantwoord.

Besoek ook die Panorama Sentrum vir Chirurgiese Onkologie vir meer inligting.

Die vrae wat volgende week beantwoord word en die programreeks van vyf afsluit, is:

1. Ek was in 2017 gediagnoseer met borskanker.  Ek het chemo, mastektomie en rekonstruksie gehad.  Daarna was ek op anti-hormoon behandeling (Kessar) geplaas wat ek vir die afgelope 5 jaar gebruik het.  Ek maak egter einde van hierdie maand klaar met die Kessar behandeling, aangesien dit net vir 5 jaar gebruik word.

Ek wil net graag weet wat is die beste opsie vorentoe om na my gesondheid te kyk?  Hoe gereeld moet ek vir my bloedtoetse gaan (6 maandelikse of jaarliks) en jaarliks vir die X-strale, mammogram en sonar?  Ek voel bietjie broos om te weet ek gaan nie meer daardie beskerming van Kessar hê nie.

2. Ek wil graag hoor wat is dokters se opinie oor biologiese medikasie (Kryxana) in behandeling van metastatiese borskanker?

3. Metastatiese borskanker: Kan julle dalk praat oor bg onderwerp? Dit word so misverstaan veral as dit na skelet versprei het.

4. Ek soek asseblief hulp. My dogter was in 2016 gediagnoseer met borskanker wat deur HRT pille veroorsaak is. Die kanker was verwyder en sy het die kankerpil vir 5 jaar geneem. Sy kry nou warmgloede elke half uur maar mag geen hormoonpille neem nie. Is daar dalk enige raad om die warm gloede te beheer.