Byna kwartmiljoen mense in SA blind weens katarakte


Sowat 240000 mense in Suid-Afrika is blind weens katarakvorming. Die siekte is behandelbaar en kan deur verwydering van die katarak, gevolg deur ‘n lens-inplanting daartoe lei dat die pasiënt weer kan sien. Tog bly baie mense in ons land blind, omdat te min van dié operasies jaarliks gedoen word, veral in die staatsektor.

Ouderdom, trauma en rook en alkohol-gebruik is die grootste oorsake van katarak-vorming.

Dr Johann Snyman, kliniese assistent in Oogheelkunde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, bespreek môre op mediese kongres van OSSA (Olftalmologie Vereniging van Suid-Afrika) in Sun City, ‘n nuwe insiatief om moderne katarak-chirurgie en lens-inplantings op die platteland te doen deur gebruik te maak van ‘n moderne, mobiele teaterkompleks.

Dr Snyman vertel meer oor die inisiatief en hoe katarak-vorming en -verwydering werk, asook lens-inplantings.

Luister om 11:30 na  Gesondheid op RSG.

Só sien iemand met katarakte bedags.

Só sien iemand met katarakte in die nag.

Dié video’s verduidelik hoe katarak-chirurgie gedoen word.


Só lyk die intra-okulêre lens wat in die lenskapsel geplaas word nadat die katarak-lens verwyder is.