Clyde se kol op Jupiter verander


Die Clyde’s spot op Jupiter is besig om te verander.

Sterre en Planete het in 2020 met Clyde Foster van Centurion gepraat oor die kol op Jupiter wat hy waargeneem het. Die verskynsel is toe na hom vernoem. Die Juno-ruimtetuig wat in die omgewing van Jupiter wentel, het onlangs foto’s van die kol geneem, en dit blyk dat die kol besig is om te omvorm. Clyde vertel wat besig is om te gebeur.

Daar is ook inligting oor ruimtemanne wie se harte, ná maande in die Internasionale Ruimtestasie, gekrimp het.