COVID-19: Die viruswerking en voorkoming


Hoe werk die virus, hoe word dit oorgedra en watter voorkomingsmaatreëls kan jy tref?

Lees meer oor wat wetenskaplikes reeds vasgestel het, met betroubare mediese inligting. Eenvoudige sketse is ook hier beskikbaar. Luister ook na insiggewende gesprekke met medici en lees bykomende agtergrond-inligting.

COVID-19 agtergrond inligting: http://www.nicd.ac.za/diseases-a-z-index/covid-19/

Wat presies weet ons nou van die nuwe coronavirus bekend as SARS-CoV-2? En van die siekte COVID-19? Muteer die virus? Hoe lank oorleef dit buite die liggaam? Kan enigiets buiten handewas en maskers vir nabye kontak help? Wat staan my te doen as ek sekere simptome ervaar? Marí Hudson gesels met Dr Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes by die Tygerberg Hospitaal en die Universiteit van Stellenbosch, oor die mediese aspekte van die virus en COVID-19.

Luister ook:

Woensdag 18 Maart 2020, Praat Saam: Die mediadekking van Covid19, plaaslik en internasionaal.

17 Maart, Praat Saam: Mediese kenners in Suid-Afrika waarsku dat mense met ‘n chroniese siekte hulle gesondheidstoestand moet monitor. In Suid-Afrika is ons op dag 2 van die nasionale krisis. Watter mediese bekommernisse het jy oor Covid-19?